Welkom by
EG Kerk - Randfontein
Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige evangeliese kerk wat op 'n Gereformeerde grondslag berus. Ons reik die hand van vriendskap en welwillendheid na elke Christus-belydende Kerk. Hierdie Kerk distansieer hom geheel en al van die Wêreldraad van Kerke sowel as die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en alle ander affiliasies van genoemde rade.